Weekly Medjugorje Messages

In hierdie dae waarop julle die kruis vereer, verlang Ek daarna dat die kruis ook vir julle 'n vreugde sal wees. Liewe kinders, bid veral om siekte en lyding met liefde te kan aanvaar, soos Jesus hulle aanvaar het. Alleen so sal Ek julle met blydskap die barmhartigheid en genesings kan skenk wat Jesus my toelaat.
Ook vandag dank ek julle vir alles wat julle die laaste dae vir my gedoen het. Liewe kinders, Ek dank julle veral ook namens Jesus vir die offers wat julle die afgelope week gebring. Liewe kinders, julle vergeet dat Ek op jou offers reken, beide om julle te help as om satan by julle weg te jaag. Daarom beveel Ek julle weer aan jou offers met groot eerbied aan God op te dra.
Ek nooi julle uit die ander deur jou vrede te help, sodat hulle die vrede sien en hulle begin te soek. Julle lewe in vrede, liewe kinders, en julle kan nie verstaan wat onvrede is. Daarom nodig Ek julle uit om deur jou gebede en jou lewe alle kwaad onder die mense te help vernietig en alle listen waarvan satan hom bedien, te ontbloot. Bid, sodat die waarheid in jou hart die oorwinning behaal.
Ook vandag nodig Ek julle uit te bid. Liewe kinders, julle kan geen juis beeld van die waarde van die gebed vorm as julle nie teen jouself sê: 'Nou is die tyd om te bid; nou is daar niks belangriker; nou is daar niemand belangriker vir my as God.' Liewe kinders, julle moet jy met 'n besondere liefde aan die gebed wy. So sal God jou sy barmhartigheid kan gee.
Julle weet dat Ek julle wil lei op die pad na die heiligheid. Maar Ek wil julle nie met geweld dwing om heiliges te word. Ek verlang om dat elkeen van julle my help en homself help deur klein offers. So sal Ek jou kan lei en sal jy elke dag nader aan die heiligheid kom. Daarom, liewe kinders, wil Ek jou nie dwing my boodskappe te beleef, maar hierdie lang tyd waarin Ek by julle is, is die teken van my oneindige liefde vir julle. Ek wens dat elkeen van julle 'n heilige word.
Ook vandag wil ek julle wys hoeveel Ek van jou hou, maar Ek is bedroef, omdat Ek julle nie almal kan help om my liefde te verstaan. Daarom nodig Ek julle uit, liewe kinders, om te bid en jy ten volle aan God toe te wy, want Satan probeer julle na gelang van die daaglikse omstandighede te onderwerp en die eerste plek in jou lewe in te neem. Liewe kinders, bid daarom sonder ophou.
Ook vandag Ek roep julle op tot die gebed. Liewe kinders, Ek nodig julle veral uit om vir die vrede te bid. Sonder gebed kan Ek jou nie help om die boodskappe te besef wat Ek jou van die Here mag gee. Daarom, liewe kinders, bid om in die gebed die vrede wat God jou gee, te ervaar.
Ook vandag nodig Ek julle uit om die boodskappe wat Ek jou gee om te ontvang en ernstig te beleef. Liewe kinders, Ek is vir julle so lank gebly het om jou al die boodskappe wat Ek jou gee te help verwesenlik.
Vandag nodig Ek julle uit om daagliks vir die siele in die vagevuur te bid. Elke siel het gebed en genade nodig om by God en sy liefde te kom. Kry so nuwe voorsprekers wat jy op jou lewensweg sal help om te verstaan dat daar vir julle niks belangrik is op die aarde; julle moet net na die hemel verlang. Liewe kinders, bid daarom sonder ophou om jouself te help èn die ander, een aan wie jy gebid vreugde sal verskaf.
Vandag nodig Ek julle almal weer uit om van ganser harte te bid en ook van dag tot dag jou lewe te verander. Ek vra julle veral, liewe kinders, om heilig te leef deur gebed en offer, want Ek verlang dat elkeen van julle, so naby aan hierdie genadebron, die paradys bereik met die spesiale gawe wat Hy My sal gee: die heiligheid. Daarom, liewe kinders, bid en verander jou lewe om heiliges te word. Ek sal altyd by julle wees.
   




To compare Medjugorje messages with another language versions choose
<<Previous  1 ... 10 11 12 13 Next>>

For God to live in your hearts, you must love.

`